Huisgenoot Beste Resepte: Braai

THAISE VARKTJOPS

-

“Rooikerrie­pasta en klappermel­k is tipiese Thaise bestanddel­e en sorg vir ’n heerlike varkvleis-marinade,” sê Chu Suwannapha, wat van dié Oosterse land kom. “Ek hou van tropiese vrugte saam met my kos en daarom het ek pynappel by die tjops gekies.”

10-15 ml (2-3 t) Thaise rooikerrie­pasta

½ blik (200 ml) klappermel­k

5-10 ml (1-2 t) sojasous

5-10 ml (1-2 t) suurlemoen­sap

GENOEG VIR

4MENSE Bereiding 10 minute Marineerty­d 15 minute Braaityd 15-20 minute

15 ml (1 e) gekapte koljanderb­lare

4 varklendet­jops

1 pynappel, met stronk vars koljanderb­lare vir oorsprinke­l (opsioneel)

1 Meng die kerriepast­a met die klappermel­k en geur met die sojasous en suurlemoen­sap. Roer die koljanderb­lare by.

2 Pak die tjops in ’n bak en giet die kerriemeng­sel oor. Laat 15 minute marineer.

3 Braai die tjops 15-20 minute op warm kole tot net gaar maar nie droog nie.

4 Sny die pynappel in kwarte met stronk en al en braai die kwarte tot net effens geskroei. Sny die vleis los van die skil en sit voor saam met die tjops. Sprinkel vars koljanderb­lare oor indien verkies.

CHU SUWANNAPHA KAAPSTAD, WESKAAP

 ??  ?? 2 Die geheim van sappige varktjops lê deels in die dikte. Dit moet verkieslik nie dunner as 2,5 cm wees nie anders sal dit
maklik droog braai.
2 Die geheim van sappige varktjops lê deels in die dikte. Dit moet verkieslik nie dunner as 2,5 cm wees nie anders sal dit maklik droog braai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa