Huisgenoot Beste Resepte: Braai

HEEL SPITHOENDE­R MET ROOSMARYN-EN-KARRINGMEL­K-MARINADE

-

HOENDER

1 heel hoender sout en peper

MARINADE

500 ml (2 k) karringmel­k

45 ml (3 e) gekapte roosmaryn 4 knoffelhui­sies, fyn gedruk SMEERSEL sout en peper

100 ml heuning

125 ml (½ k) suurlemoen­sap 15 ml (1 e) Dijonmoste­rd

GENOEG VIR

4 MENSE

1 Hoender en marinade Bind die hoender op en plaas dit in ’n groot plastieksa­k. Meng al die bestanddel­e vir die marinade, giet in die sak en laat die hoender 3-4 uur daarin marineer.

2 Verwyder die hoender uit die marinade en druk dit droog. Geur met die sout en peper en plaas op die spit.

3 Plaas die spit oor ’n oop braai met kole. Jy kan selfs ’n veldbraai hou; pak die spit net met klippe vas. Braai die hoender 1-1½ uur oor matige kole tot gaar. Maak seker dit is gaar deur die dytjies te wikkel: As die vleissappe helder en nie meer pienk is nie, is dit gaar.

4 Smeersel Meng al die bestanddel­e vir die smeersel en verf die laaste halfuur gereeld oor die buitekant van die hoender.

Bereiding 10 minute Marineerty­d 3-4 uur Braaityd 1-1½ uur

 ??  ?? 2
2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa