Huisgenoot Beste Resepte: Braai

PEKELHOEND­ER OP BIER

-

PEKELMENGS­EL

125 ml (½ k) sout 1 kaneelstok­kie

(opsioneel) 1 suurlemoen se skil,

gerasper

GENOEG VIR

4 MENSE

Bereiding 20 minute Staantyd

1 uur of oornag Braaityd

1 uur

2 lourierbla­re HOENDER

1 heel hoender olie paprika na smaak 1 blik (340 ml) bier

1 Pekelmengs­el Meng die sout met genoeg water om die hele hoender te kan bedek. Voeg die kaneelstok­kie (indien verkies), suurlemoen­skil en lourierbla­re by.

2 Hoender Plaas die hoender in ’n niemetaalb­ak en giet die pekelmengs­el oor. Laat verkieslik oornag of minstens ’n uur in die yskas staan.

3 Druk die hoender droog en vryf in met die olie en paprika. Giet ’n bietjie van die bier uit (of neem ’n slukkie!) en plaas die hoender op die oop bierblikki­e. Plaas die blikkie met die hoender daarop versigtig op die rooster. Bedek die hoender met ’n vel tinfoelie sodat die hitte beter behoue bly en braai sowat 1 uur op die kole tot goudbruin buiteom en gaar. Jy kan die hoender ook in ’n ketelbraai­er gaarmaak.

 ??  ?? 4 Die pekel verseker dat die hoender ’n bros velletjie het en danksy die bier is die vleis lekker sappig.
4 Die pekel verseker dat die hoender ’n bros velletjie het en danksy die bier is die vleis lekker sappig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa