Huisgenoot Beste Resepte: Braai

ROOSTERKOE­K-JAFELS

-

Die kookboeksk­rywer Neil Stemmet heet graag sy gaste welkom met ’n “voorbroodj­ie” – roosterkoe­k met ’n lekker vulsel. Ons maak dit in ’n jafelpan op die vuur gaar.

ROOSTERKOE­KDEEG

4 x 250 ml (4 k) koekmeel 4 ml koeksoda

8 ml kremetart

5 ml (1 t) sout

60 ml (¼ k) botter

375 ml (1½ k) karringmel­k AFRONDING olyfolie vir smeer en doop seesoutvlo­kkies of geroosterd­e saadmengse­l

1 Deeg Sif die meel, koeksoda, kremetart en sout saam. Vryf die botter in, giet die karringmel­k by en meng tot ’n stywe deeg.

2 Verdeel die deeg in 4 dele. Rol elke deel in ’n rol en sny elkeen in skywe van 4 cm dik. Druk elke skyf plat.

3 Vulsels Pak enige van die vulsels in die middel van die helfte van die deegskywe en plaas nog ’n skyf bo-op elkeen.

4 Maak ’n jafelpan goed op die vuur warm. Verf die binnekant met olie. Plaas die deeg-toebroodji­e binne-in, maak toe en braai op die kole tot gaar. Draai gereeld om.

5 Afronding Doop die broodjie in olyfolie en sprinkel seesoutvlo­kkies of sade oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa