De Vet­te Mos­sel-snoek op 3 maniere

DE VET­TE MOS­SEL-SNOEK

Huisgenoot Beste Resepte: Braai - - Inhoud -

Ni­ël du Bois van die De Vet­te Mos­sel-re­stau­ran­te weet al­les van snoek braai – hy het im­mers al meer as 20 000 van hul­le op die ko­le ge­gooi. Hier is sy ge­heim vir die vol­maak­te braais­noek.

1 ge­vlek­te snoek, deur die rug­graat

p­leks van die maag ge­sny o­lie sous van jou keu­se (re­sep­te op oor­kant­ste blad)

1 Smeer die vel­kant van die vis goed met o­lie en plaas op ’n toe­klap­roos­ter. 2 Be­rei die sous van jou keu­se (re­sep­te op oor­kant­ste blad­sy).

3 Braai die vis net aan die vel­kant; so kan jy sien wan­neer dit gaar is. Braai óf 10 mi­nu­te hoog bo ma­ti­ge ko­le óf 20 mi­nu­te laag bo ef­fens warm ko­le. Jy kan la­ter nog ko­le by­voeg; wag net tot hul­le weer ’n lig­te as­laag vorm. S­kep die sous van jou keu­se oor wan­neer die maag net-net wit be­gin word (volg die aan­wy­sings by die sous­re­sep­te op die oor­kant­ste blad­sy). Die vis is gaar so­dra dit wit en on­deur­sig­tig word en sy glans ver­loor. Die maag sal eer­ste gaar wees om­dat die vis daar die dun­ste is. Ein­de­lik sal al die dik de­le ook gaar wees.

4 Ver­wy­der die vis van die hit­te wan­neer net so­wat 1 mm van die vleis nog glan­send is. Voeg heel­wat ko­le by en plaas die vis te­rug – nou met die vel na bo. Braai so­wat 1 mi­nuut.

5 Maak die roos­ter ver­sig­tig oop. Tik die deel­tjies wat dalk vas­sit lig­gies met ’n ei­er­spaan om dit te laat los­kom. As die vel ge­brand het en erg vas­sit, was die ko­le te warm.

6 Plaas ’n staal­bak bo-oor die snoek, maak die roos­ter toe en draai dit om. Die vis sal nou net­jies in die bak lê met die vleis­kant na bo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.