Huisgenoot Beste Resepte: Braai

JIS, MAAR JY WEET NET HOE!

Stap-vir-stap braai-aanwysings

-

KIES JOU VLEIS

Kies tjops van 2-2,5 cm dik, anders droog dit uit. Die beste snitte is rib en lende.

STAP VIR STAP

Dié stappe is vir tjops van 2,5 cm dik.

1 Sny kepe in die vetrand van tjops om te keer dat dit opkrul. As jy wil, kan jy die vet heeltemal afsny – dis gesonder en sal keer dat die kole opvlam.

2 Plaas die rooster 5-15 cm bo die kole.

3 Pak die tjops op ’n ry en steek ’n stok of roosmarynt­ak onder die vetkant deur

KIES JOU VLEIS

’n Goeie dikte vir ’n steak is 3 cm. Kruisstuk en lendestuk het die meeste geur. Filet het die minste geur, maar is die sagste.

STAP VIR STAP

1 Bring die vleis tot kamertempe­ratuur. Sout dit en laat dit dan 1 uur lê vir elke

2,5 cm wat die steak dik is.

Die soutproses werk so: Net nadat jy gesout het, onttrek die sout water uit die vleis. As jy dus sout net voor jy braai, sal jou steak droog wees. Maar as jy ’n ruk wag, los die sout in die uitgetrekt­e sappe op en beweeg dit alles terug in die vleis in. Die sout laat die proteïene ontspan sodat dit die sappe én die soutgeur vasvang. As jy kruie of speserye by die sout voeg, sal dit op dieselfde manier in die vleis intrek.

2 Stel die rooster 5-15 cm bo die kole. Die kole moet gloeiend warm wees.

3 Skroei die vleis eers goed aan een kant sodat al die tjops geryg is. Braai dit op die vetkant oor warm kole tot bros.

4 Verwyder die stok en braai die tjops sowat 8 minute op die vleiskant oor matige kole – die tjops sal mediumgaar wees.

VIR DIE LEKKER

Jy kan ook ’n lamsboud of -blad heel op die kole gaarmaak. Kies snitte met ’n dunnerige vetlagie. Maak dit eers ryp deur dit met ’n asynlap af te vee en twee tot vyf dae onbedek in die yskas te plaas. ’n Stuk van 1,7 tot 2,7 kg moet 1-1½ uur op die kole gaar word.

voor jy dit omdraai. Draai die steak elke 2 minute om met ’n tang en nie ’n vurk nie. As jy wil, kan jy die vleis nog een keer tydens die braaiprose­s sout.

4 Laat die gebraaide vleis 10 minute rus. Braaitye vir steak van 3 cm dik

Liggaar 5-6 minute

Liggaar tot halfgaar 7-8 minute Halfgaar 8-10 minute

Half- tot goed gaar 10-11 minute

Goed gaar Vermy dit, dis té gaar!

VIR DIE LEKKER

Beenlose beesvleiss­nitte kan heel gebraai word. Seël die buitekant goed oor gloeiende kole. Stel dan die rooster hoër of krap van die kole uit sodat die vleis stadiger kan braai.

Liggaar 15 minute per 500 g vleis + 15 minute ekstra.

Halfgaar 20 minute per 500 g vleis + 20 minute ekstra

 ??  ?? Jy besluit self wat jy op die kole wil gooi en met watter sousie jy ekstra smaak gaan verleen, maar daar is ’n paar bestanddel­e van ’n suksesvoll­e braaigereg wat so vas soos die bakstene van jou braaikagge­l staan: rook, hitte – en tyd.
As jy dié...
Jy besluit self wat jy op die kole wil gooi en met watter sousie jy ekstra smaak gaan verleen, maar daar is ’n paar bestanddel­e van ’n suksesvoll­e braaigereg wat so vas soos die bakstene van jou braaikagge­l staan: rook, hitte – en tyd. As jy dié...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa