Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Peri-peri-hoender

-

1,5 kg hoenderpor­sies 10 ml (2 t) droë origanum

10 ml (2 t) droë tiemie 5 ml (1 t) droë roosmaryn 10ml(2t)fynkomyn 10 ml (2 t) fyn koljander

10 ml (2 t) cajunspese­rye

10 ml (2 t) periperi-speserye

30 ml (2 e) droë

brandrissi­evlokkies 180 ml (¾ k) olyfolie 10 knoffelhui­sies, fyn

gekap

125 ml (½ k) suurlemoen­sap

2 vars brandrissi­es,

gekap (opsioneel) bossie vars tiemie 1 blik (400 g) Mexikaanse tamaties sout olie

125 ml (½ k) room 1 Plaas die hoender in ’n groot bak. Meng die origanum, tiemie, roosmaryn, komyn, koljander, cajun-speserye, peri-peri-speserye en brandrissi­evlokkies en sprinkel oor die hoender.

2 Voeg die olyfolie, knoffel, suurlemoen­sap, vars brandrissi­es (indien verkies), vars tiemie en tamaties by. Laat 3-4 uur maar verkieslik oornag marineer.

3 Verwyder die hoender uit die marinade, geur met die sout en braai in die verhitte olie in ’n swartpot tot bruin.

4 Giet die marinade oor, bedek en laat prut sowat 40 minute tot die hoender gaar is. Voeg die room by en laat prut tot warm.

5 Sit voor saam met brood en slaai.

COLETTE VAN DER MERWE KOMMETJIE, WESKAAP

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa