Huisgenoot Beste Resepte: Braai

Outydse lam-en-varkvleis-sosaties

-

Niks kom by lam-en-varkvleis-sosaties in kerriesous soos die ouer garde dit al jare lank maak nie.

MARINADE

30 ml (2 e) olie

2-3 groot uie, in groot stukke gekap

3 knoffelhui­sies, fyn gedruk

45 ml (3 e) matige kerriepoei­er

5 ml (1 t) borrie

2 ml (½ t) fyn koljander

1 ml (¼ t) rooipeper

3 lourierbla­re

15 ml (1 e) gerasperde gemmerwort­el of 5 ml (1 t) fyn gemmer

45-60 ml (3-4 e) appelkoosk­onfyt

250 ml (1 k) wynasyn

500 ml (2 k) melk

SOSATIES

1,5 kg beenlose lamsvleis, in blokkies van 25 mm gesny 1,5 kg beenlose varkvleis, in blokkies van 25 mm gesny 50 droë appelkose

250 g spekvleisr­epe, gehalveer en

opgerol

20 piekeluitj­ies, gehalveer

1 Marinade Verhit die olie en braai die uie en knoffel daarin tot sag. 2 Voeg die kerrie by en meng deur. Voeg die res van die bestanddel­e behalwe die melk by. Laat 10 minute prut. Laat afkoel en voeg die melk by.

3 Sosaties Plaas die vleis in ’n nie-metaalbak en giet die marinade oor. Laat oornag marineer.

4 Ryg die vleis afwisselen­d met die appelkose, spekvleis en uitjies op sosatiepen­ne. Moenie te styf teen mekaar pak nie.

5 Braai op matige kole tot gaar. Draai gedurig om en wees versigtig dat jy dit nie tot oorgaar braai nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa