So­ja­vark-stok­kies

Huisgenoot Beste Resepte: Braai - - Inhoud -

MA­RI­NA­DE

180 ml (¾ k) sojasous 125 ml (½ k) rys- of

ap­pela­syn

6-8 knof­fel­hui­sies, fyn

ge­druk

1 ui, fyn ge­kap

30 ml (2 e) strooi­sui­ker 4 lou­rier­bla­re hand vol ge­kap­te kol­jan­der­bla­re

30-45 ml (2-3 e) o­lie VLEIS

1 kg vark­nek, in groot

blok­ke ge­sny sky­fies of wig­gies van 4 lem­me­tjies of 4 suurlemoene (op­si­o­neel) vars kol­jan­der­bla­re en lem­me­tjies vir afronding

1 Ma­ri­na­de Meng al die be­stand­de­le vir die ma­ri­na­de.

2 Vleis Laat die vleis oor­nag ma­ri­neer.

3 Ver­wy­der die vleis uit die ma­ri­na­de en hou die ma­ri­na­de een­kant. Ryg die vleis aan so­sa­tie­stok­kies of lou­rier­tak­kies. In­dien ver­kies, kan dit om die beurt saam met lem­me­tjie- of suur­le­moen­sky­fies ge­ryg word.

4 Braai so­wat 25 mi­nu­te oor ma­ti­ge ko­le tot die vleis bruin maar nie droog is nie. Verf van tyd tot tyd van die ma­ri­na­de­meng­sel oor.

5 Gar­neer met vars kol­jan­der­bla­re en lem­me­tjie­sky­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.