KE­TEL­BRAAI-TEGNIEKE

Huisgenoot Beste Resepte: Braai - - Inhoud -

Jy kan kos op twee maniere in ’n ke­tel­braai gaar­maak. Kies die reg­te een vir die soort kos wat jy wil braai.

DIREKTE METODE

Die ko­le is reg on­der die kos. Kies vir klei­ner porsies kos wat vin­ni­ger gaar word soos hoen­der­por­sies, bur­gers, ste­aks, tjops, vis, skulp­vis en ge­sny­de groen­te.

INDIREKTE METODE

Die ko­le is aan die een kant van die braai ge­pak of aan weers­kan­te met ’n o­pe­ning in die mid­del. ’n Drup­pan kan dan in die o­pe­ning ge­plaas word. Die kos is nie reg bo die ko­le nie, maar oor die drup­pan. Soms word die vleis eers voor­af oor direkte hit­te ge­se­ël en dan ver­der oor indirekte hit­te gaar­ge­maak. Kies vir gro­ter stuk­ke vleis wat meer gaar­maak­tyd no­dig het soos heel hoen­ders, ribbetjies, bou­de, blaaie en heel on­ge­sny­de steak.

WENK Giet ’n bie­tjie wa­ter in die drup­pan as die kos lank gaan braai. Dit neem van die vloei­stof op wat van die vleis af­drup en keer dat die ko­le rook. S­kep die mees­te van die vet ag­ter­na uit en ge­bruik die vleis­sap as ba­sis vir ’n heer­li­ke sous.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.