Huisgenoot Beste Resepte: Braai

BRIKETTE

-

Hierdie saamgepers­te blokke steenkools­tof is ’n goeie keuse as jy warm kole in ’n ommesientj­ie nodig het. Baie mense verkies dit, want dit verkort die voorbereid­ingstyd. Wees versigtig met brikette wat vooraf in ’n aanstekerv­loeistof geweek is – dit kan die kos ’n chemiese smaak gee as jy nie die vloeistof heeltemal laat afbrand voor jy die kos opsit nie. Brikette is dikwels goedkoper as goeie braaihout en meer beskikbaar. Dis die ideale keuse vir ’n ketelbraai. Die voorbereid­ing duur . . .

20-30 minute.

1. Pak die vuur

Versprei die brikette in die ketelbraai of waar die oop vuur sal brand, en steek met ’n aansteker aan. 2. Kry die kole reg

Die briketkole is gereed wanneer dit uitgebrand het en ’n grys lagie oor die kole gevorm het.

3. Beheer die hitte

Ketelbraai Stel die luggate in die deksel. Hoe meer lug, hoe warmer sal die kole wees. Moenie heeltemal toemaak nie.

Oop vuur Doen dieselfde as met houtkole, of sprei die briketkole uit om die hitte te verminder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa