VAN DIE REDAKTEUR

Huisgenoot Beste Resepte: Sakpas - - Inhoud -

OP MY ou­ers se plaas in die Bo­land was ’n bros­ge­braai­de skaap­tjop­pie, sap­pi­ge pri­ma­snits­te­ak en vars vis op die ko­le ge­reeld op die spys­kaart. Maar toe die stads­lig­gies wink en ek met my eie be­gro­ting my ys­kas moes vol hou, moes ek maar van die vleis­pot­te van E­gip­te ver­geet.

Ek het el­ke sent om­ge­draai en op skep­pen­de ma­nie­re goed­koop be­stand­de­le in ’n weer­ga­we van my harts­kos pro­beer om­skep: Die skaap­tjop­pies is ver­vang deur vark­tjops, pri­ma-ste­ak deur be­kos­tig­ba­re snit­te en daar­die vis­sie op die ko­le deur ge­blik­te tuna.

Maar moe­nie dié be­stand­de­le on­der­skat nie – aan­ge­dryf deur my bloot­stel­ling aan ’n wy­er wê­reld en ver­lan­ge na daar­die smul­kos het ek al­ler­han­de slim ma­nie­re ge­leer om met goed­ko­per be­stand­de­le te toor.

Baie min men­se het dees­dae die be­gro­ting om met ’n oop beur­sie kos op die ta­fel te sit. Ons wys jou hoe om ge­reg­te wat duur kan wees, ’n kin­kel te gee son­der dat dit jou kre­diet­kaart knak. Proe ge­rus ons bak­sak­kie­bees­vleis (bl. 8), pam­poen­sop met mie­lie­pof­fers (bl. 81), en ook min­der be­ken­de kom­bi­na­sies soos murg­pam­poen­tjie­piz­za (bl. 88) en hoen­der­hap­pies met wa­sa­bi­ma­yo (bl. 50).

En wie weet, dalk word dit jou ge­sin se harts­kos ook!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.