SMUL EN S­PAAR

Huisgenoot Beste Resepte: Sakpas - - Inhoud -

BEES­VLEIS: SAK­PAS-SNIT­TE

S Sto­we­vleis Dit is aan die been of as blok­kies te koop. Dit moet lan­ger as die mees­te snit­te gaar­ge­maak word, maar is be­son­der geu­rig, ver­al as jy die been be­hou. Dis ’n uit­ste­ken­de keu­se vir bre­dies, pot­jie­kos en pas­tei­vul­sels.

S Kor­t­rib Dis baie geu­rig, maar ook baie vet­te­rig. Roos­ter dit lie­wer so­dat jy van die mees­te vet ont­slae kan raak. Jy kan dit in die oond roos­ter of sta­dig op die ko­le braai.

S Sag­ge­maak­te of een­mi­nuuts­te­ak Dis van die goed­koop­ste snit­te, maar moet reg gaar­ge­maak word. Ons ver­kies om dit in re­pies te sny en te roer­braai. Braai dié snit al­tyd in sar­sies en nie te veel op ’n slag nie, an­ders word dit vaal, geur­loos en wa­te­rig.

S Maal­vleis Dis ’n baie veel­sy­di­ge vorm van bees­vleis en word ook dik­wels in ’n meng­sel saam met vark- of vol­struis­vleis ver­koop.

Laas­ge­noem­de is goed­ko­per en werk net so goed in re­sep­te. Met maal­vleis kan ’n mens toor – van frik­ka­del­le, pas­teie en sop tot bo­bo­tie en la­sa­gne.

VARK­VLEIS: SAK­PAS-SNIT­TE

S Vark­fi­let Dis teen ’n kwart van die prys ’n uit­ste­ken­de al­ter­na­tief vir bees­fi­let. Dis een van die sag­ste snit­te met die min­ste vet.

S Len­de-, nek- en ribtjops Jy kan tjops met of son­der been koop. Son­der been word dit gou­er gaar, aan die been is dit geu­ri­ger.

S Tex­as-ste­ak Dis ’n groot, goed­koop snit wat ge­noeg vir ’n he­le ge­sin is . Braai op die ko­le of roos­ter in die oond en sny dan in re­pies.

S Spek Dit het baie smaak en ’n bie­tjie kan dik­wels ’n he­le ge­reg trans­for­meer. Bladspek het min­der vet en spek­stuk­kies is die goed­koop­ste.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.