Bo­bo­tie-la­sa­gne­bak­kies

Huisgenoot Beste Resepte: Sakpas - - Inhoud -

SPAARWENK

Ver­vang die la­sa­gne­vel­le met fi­lo­deeg – nie net is dit goed­ko­per nie, dis ook ge­son­der.

GE­NOEG VIR 4 MEN­SE

Be­rei­ding: 15 min.

Gaar­maak­tyd: 40-45 min.

BO­BO­TIE

1 ui, ge­kap

2 knof­fel­hui­sies, fyn

ge­druk

15 ml (1 e) o­lie

500 g ma­er

bees­maal­vleis

30 ml (2 e) ker­rie

poei­er

30 ml (2 e) blatjang

sout en pe­per

8 la­sa­gne­vel­le

EI­ER­VLA

1 ei­er

125 ml (½ k) melk

8 lou­rier­bla­re

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Voer ’n muf­fin­pan met groot hol­tes uit met foe­lie en spuit met kos­sproei. 1 Bo­bo­tie Braai die ui en knof­fel in die ver­hit­te o­lie. Voeg die maal­vleis by en braai tot gaar. 2 Voeg die ker­rie en blatjang by en roer­braai ’n paar mi­nu­te. Geur na smaak met die sout en pe­per. 3 Kook die la­sa­gne vol­gens die aan­wy­sings op die pak. Drei­neer en druk ’n vel in el­ke muf­fin­hol­te so­dat bak­kies vorm. 4 Ver­deel die bo­bo­tie­meng­sel tus­sen die la­sa­gne­bak­kies. 5 Ei­er­vla K­lits die ei­er en melk saam en geur met sout en pe­per. Druk ’n lou­rier­blaar in el­ke bak­kie en giet die vla oor. 6 Bak 15-20 mi­nu­te of tot die vla ge­stol het en die la­sa­gne goud­bruin is. 7 Sit voor saam met ’n ta­ma­ti­een-ui-sal­sa in­dien ver­kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.