SAAD­BE­SKUIT

Hier­die be­skuit het ’n lae GI, be­vat geen sui­ker nie en het min vet.

Huisgenoot Diabete - - Ontbyt -

So­wat 44 stuk­ke be­skuit

Be­rei­ding 25 mi­nu­te Bak­tyd 45 mi­nu­te Uit­droog­tyd oor­nag

750 ml (3 k) bruis­meel 500 ml (2 k) se­mels 250 ml (1 k) ha­wer­mout kny­pie sout 250 ml (1 k) Su­ga­li­te 1 pak (100 g) sa­de­meng­sel (se­sam, lyn, son­ne­blom, pam­poen) 125 g bot­ter of mar­ga­rien 400 ml la­e­vet­melk of -jo­gurt 2 ei­ers, ge­klits 30 ml (2 e) drui­we­a­syn 5 ml (1 t) koek­so­da

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Spuit ’n pan van 25 x 20 cm met kos­sproei.

1 Meng die bruis­meel, se­mels, ha­wer­mout en sout goed saam. Voeg die Su­ga­li­te en sa­de by.

2 Vryf die bot­ter of mar­ga­rien in tot dit soos fyn brood­krum­mels lyk.

3 Meng die melk of jo­gurt, ei­ers, a­syn en koek­so­da saam en voeg by die meng­sel. Meng goed tot ’n sag­te, kle­we­ri­ge deeg.

4 Skep in die voor­be­rei­de pan en maak ge­lyk. Bak 40­45 mi­nu­te of tot ’n toets­pen skoon uit die mid­del van die ge­bak kom.

5 Laat ef­fens in die pan af­koel. Keer dit op ’n bak­plaat uit en laat heel­te­mal af­koel. Sny in blok­ke.

6 Pak in ’n en­kel­laag op ’n bak­plaat en droog oor­nag by 100 °C uit. Bê­re in ’n lug­dig­te hou­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.