HA­WER­MOUT-DA­DEL­MUF­FINS

In ’n stu­die aan die Har­vard­u­ni­ver­si­teit is be­vind dat di­a­be­te wat baie se­mel­ry­ke kos eet, ’n klei­ner kans het om aan hart­vat­siek­tes te sterf.

Huisgenoot Diabete - - Ontbyt -

12 muf­fins

Be­rei­ding 10 mi­nu­te Bak­tyd 18 mi­nu­te

250 ml (1 k) bruis­meel 250 ml (1 k) se­mel­ry­ke bruis­meel 3 ml (ruim ½ t) koek­so­da 250 ml (1 k) ha­wer­mout 60 ml (¼ k) bruin­sui­ker of Su­ga­li­te 250 ml (1 k) da­dels, ge­kap 1 ei­er 30 ml (2 e) o­lie 60 ml (¼ k) bruin­sui­ker of su­ga­li­te 310 ml (1¼ k) vet­vrye melk

vet­vrye kor­rel­ri­ge maas­kaas of la­e­vet-ched­dar­kaas vir voor­sit

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Smeer die hol­tes van ’n muf­fin­pan of voer dit met pa­pier­bak­kies uit.

Sif die twee soor­te meel en die koek­so­da saam in ’n groot meng­bak. Voeg die ha­wer­mout, bruin­sui­ker of Su­ga­li­te en da­dels by en meng lig­gies. Maak ’n hol­te in die mid­del.

K­lits die res van die be­stand­de­le saam in ’n be­ker en giet in die hol­te. Meng lig­gies tot net ge­meng en steeds ef­fens klon­te­rig.

Skep in die muf­fin­hol­tes en bak so­wat 18 mi­nu­te tot gaar. Laat 5 mi­nu­te in die pan af­koel en keer dan uit op ’n draad­rak om heel­te­mal af te koel.

Sit voor met ’n goeie skep krum­mel­ri­ge maas­kaas of la­e­vet­ched­dar­kaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.