FI­LO­BAK­KIES MET ROER­EI­ER EN RE­ËN­BOOG­FO­REL

Dié ont­byt is spog­ge­rig ge­noeg om aan gas­te voor te sit.

Huisgenoot Diabete - - Ontbyt -

4 por­sies Be­rei­ding 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 15 mi­nu­te

30 ml (2 e) o­lyf­o­lie 4 stin­gel­uie, ge­kap 4 vel­le fi­lo­deeg 6 ei­ers 60 ml (¼ k) vet­vrye melk sout en pe­per na smaak 20 ml (4 t) glad­de vet­vrye maas­kaas, gras­uie-geur 100 g ge­rook­te re­ën­boog­fo­rel of ma­kriel ge­kap­te gras­uie vir gar­ne­ring

Voor­ver­hit die oond tot 200 °C. Spuit 4 diep hol­tes van ’n muf­fin­pan goed met kos­sproei. Ver­hit die o­lie in ’n pan en roer­braai die uie tot sag. Hou een­kant. Spuit elk van die vel­le fi­lo­deeg met kos­sproei, sta­pel op me­kaar en sny in 4 blok­ke. Neem 2 vel­le van een blok en druk in 1 muf­fin­hol­te, sprin­kel ’n kwart van die uie oor en plaas die o­ri­ge 2 vel­le van daar­die blok bo­op. Herhaal met die res van die fi­lo­deeg en uie. Bak so­wat 10 mi­nu­te in die oond tot goud­bruin en gaar. Laat in die pan­ne­tjie af­koel.

K­lits die ei­ers en melk lig­gies saam, geur met die sout en pe­per en giet in die pan. Roer tot net gaar, maar nog ro­me­rig en ef­fe klam.

Ver­deel die roer­ei­er tus­sen die bak­kies, plaas ’n skep­pie maas­kaas bo­op elk­een, dan ’n stuk­kie vis en rond af met ge­kap­te gras­uie. Sit da­de­lik voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.