PA­EL­LA

Dié S­paan­se rys­ge­reg is ’n ou staat­ma­ker wat baie men­se kos gee.

Huisgenoot Diabete - - Vis -

6 por­sies Be­rei­ding 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 30-40 mi­nu­te

500 g wit­vis 500 g mos­sels 500 g ca­la­ma­ri­kop­pe en -bui­se sout, pe­per en suur­le­moen­skil na smaak 45 ml (3 e) o­lyf­o­lie 1 ui, ge­kap 3 knof­fel­hui­sies, fyn ge­druk 1 klein rooi soet­ris­sie, in klein stuk­kies

ge­sny 1 klein brand­ris­sie, ge­kap 500 ml (2 k) half­gaar lae-GI-lang­kor­rel­rys

of lae-GI-bruin­rys 10 ml (2 t) pa­pri­ka 5 ml (1 t) bor­rie 2 ta­ma­ties, ont­vel en ge­kap 15 ml (1 e) ta­ma­tie­pas­ta 125 ml (½ k) wit­wyn 1,25 li­ter (5 k) vis­af­trek­sel 45 ml (3 e) ge­kap­te pie­ter­sie­lie ek­stra ge­ras­per­de suur­le­moen­skil

suurlemoenwiggies vir voor­sit

Geur die vis, mos­sels en ca­la­ma­ri met die sout, pe­per en suur­le­moen­skil. Stoom dit 4-5 mi­nu­te tot net gaar.

Ver­hit die o­lie in ’n groot plat pan en roer­braai die ui, knof­fel, soet­ris­sie en brand­ris­sie tot sag. Voeg die rys by en meng deur. Geur met die pa­pri­ka en bor­rie. Voeg die ta­ma­ties en pas­ta as­ook die wyn en af­trek­sel by en laat kook. Ver­laag die hit­te en laat prut tot die rys sag en die mees­te vloei­stof ge­ab­sor­beer is. Voeg die vis, mos­sels en ca­la­ma­ri by die rys­meng­sel en ver­hit tot warm. Sprin­kel die pie­ter­sie­lie en suur­le­moen­skil oor en sit voor met suurlemoenwiggies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.