VIS OP DIE KO­LE MET BUL­GUR­SLAAI

Die ve­sel­in­houd van bul­gur maak dit ’n goeie sty­sel­keu­se vir di­a­be­te.

Huisgenoot Diabete - - Vis -

4 por­sies Be­rei­ding 20 mi­nu­te Staan­tyd 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 15-20 mi­nu­te

VRYFMENGSEL

2 knof­fel­hui­sies 5 ml (1 t) sout sap en skil van 1 suur­le­moen 1 klein ui, ge­ras­per 1 ml (¼ t) fyn ko­myn kny­pie pa­pri­ka 10 ml (2 t) o­lyf­o­lie

VIS

4 visste­aks of 2 klein heel vis­sies, bin­ne­goed ver­wy­der en skoon­ge­skraap

BUL­GUR­SLAAI

250 ml (1 k) groen­te­af­trek­sel 250 ml (1 k) bul­gur 1 elk ta­ma­tie, stin­ge­lui en rooi soet­ris­sie, ge­kap groot hand vol vars kol­jan­der en/of pie­ter­sie­lie, ge­kap spat­sel bal­se­mie­ke a­syn sout en pe­per na smaak

ge­skroei­de suur­le­moen­hal­wes vir voor­sit

Vryfmengsel Druk die knof­fel­hui­sies en sout saam in ’n vy­sel en stam­per fyn. Voeg die res van die be­stand­de­le vir die vryfmengsel by en meng goed tot ’n pas­ta. Vis Vryf die vis al­kant goed in met die vryfmengsel en laat 5 mi­nu­te staan. Braai op vin­ni­ge ko­le tot dit bui­te­om net bruin is en die vleis van die vis nie meer gla­se­rig is nie.

Bul­gur­slaai Giet die groen­te­af­trek­sel oor die bul­gur en laat so­wat 15 mi­nu­te staan tot uit­ge­swel. Voeg die res van die be­stand­de­le by en meng.

Sit die vis saam met die bul­gur­slaai en ge­skroei­de suur­le­moen voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.