VOL­STRUISSTE­AKS MET PYN­AP­PEL­SAL­SA

Pyn­ap­pel­sal­sa gee die vol­struis­vleis ’n kleur­ry­ke kin­kel en ’n tro­pie­se geur.

Huisgenoot Diabete - - Pluimvee -

4 por­sies Be­rei­ding 15-20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 8-10 mi­nu­te Ma­ri­neer­tyd 1 uur

MA­RI­NA­DE

60 ml (¼ k) o­lyf­o­lie sap en skil van 1 suur­le­moen of lem­me­tjie 4 knof­fel­hui­sies, ge­kap hand vol ment, ge­kap sout en pe­per

STE­AKS

4 vol­struisste­aks of 1 vol­struis­fi­let o­lyf­o­lie vir braai

SAL­SA

375 ml (1½ k) pyn­ap­pel, ge­kap 60 ml (¼ k) ui, ge­kap 125 ml (½ k) rooi soet­ris­sie, ge­kap 15 ml (1 e) ment, ge­kap 15 ml (1 e) lem­me­tjie­sap 15 ml (1 e) o­lyf­o­lie pie­ter­sie­lie vir af­ron­ding (op­si­o­neel)

BLOMKOOLRYS

1-2 kop­pe blom­kool, grof ge­kap in ’n voed­sel

ver­wer­ker groen­te­af­trek­sel vir kook 15-30 ml (1-2 e) o­lyf­o­lie sout na smaak

Ver­hit die oond tot 230 °C.

Ma­ri­na­de Meng al­les be­hal­we die sout en pe­per en ma­ri­neer die vleis so­wat 1 uur daar­in. Geur met die sout en pe­per.

Ste­aks Ver­hit ’n rif­fel­pan tot roo­kwarm, verf o­lie oor die ste­aks of fi­let en braai dit al­kant tot bruin en tot dit los­kom van die pan. Plaas op ’n bak­plaat en roos­ter so­wat 5 mi­nu­te tot gaar na smaak. Sal­sa Meng al die be­stand­de­le. Blomkoolrys Kook die blom­kool in die af­trek­sel tot net sag, maar nog baie bros. D­rei­neer. Meng die o­lyf­o­lie deur en geur met die sout.

Sit die vleis voor met die blomkoolrys en sal­sa. Rond die sal­sa af met pie­ter­sie­lie in­dien ver­kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.