HOEN­DER-EN-KASJOENEUT-ROER­BRAAI

Neu­te soos ka­sjoe­neu­te help om bloed­sui­ker en sleg­te cho­les­te­rol te be­heer, ver­al as dit rou ge­ëet word.

Huisgenoot Diabete - - Pluimvee -

4 por­sies

15 ml (1 e) o­lie 400 g hoen­der­bor­sie, in re­pe ge­sny sout en pe­per 2 ei­er­wit­te, ef­fens ge­klits 125 ml (½ k) mie­lie­blom 2 uie, in dun rin­ge ge­sny 1 rooi soet­ris­sie, in re­pe ge­sny 200 g lang­steel-broc­co­li­blom­me, in stuk­kies ge­breek 2 knof­fel­hui­sies, fyn ge­druk 5 ml (1 t) vars ge­ras­per­de gem­mer 30 ml (2 e) so­ja­sous 30 ml (2 e) sjer­rie of te­ri­ja­ki­sous paar drup­pels vis­sous 80 ml (¹⁄₃ k) rou ka­sjoe­neu­te 4 stin­gel­uie, in stuk­ke ge­sny (op­si­o­neel)

lae-GI-bas­ma­ti­rys vir voor­sit

Be­rei­ding 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 15 mi­nu­te

Ver­hit die o­lie in ’n pan of wok tot goed warm. Geur die hoen­der met die sout en pe­per, doop in die ge­klits­te ei­er­wit en dan in die mie­lie­blom. Roer­braai bie­tjie vir bie­tjie tot bruin bui­te­om. Be­dek en stoom­braai tot net gaar. Moe­nie te lank braai nie an­ders ver­loor die hoen­der sy bros­heid.

Skep die hoen­der uit, verf die pan met o­lie en voeg die uie, soet­ris­sie, broc­co­li, knof­fel en gem­mer by, roer deur en be­dek. Stoom­braai tot net-net sag en nog lek­ker bros.

Voeg die sou­se by en meng deur. Voeg die hoen­der weer by, meng en ver­hit weer 1-2 mi­nu­te. Roer die neu­te by en sprin­kel die stin­gel­uie oor in­dien ver­kies. Sit voor met die bas­ma­ti­rys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.