GE­BAK­TE HOEN­DERSCHNIT­ZEL IN GREMOLATA-KRUM­MELS

Die vet­ge­hal­te van die hoen­der word laag ge­hou om­dat dit ge­bak word en nie ge­braai nie.

Huisgenoot Diabete - - Pluimvee -

4 por­sies

HOEN­DER Be­rei­ding 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 10-15 mi­nu­te

4 ont­vel­de hoen­der­bors­fi­let­te 20 ml (4 t) Di­jon­mos­terd sout en pe­per na smaak sap van 1 suur­le­moen 30 ml (2 e) koek­meel 45 ml (3 e) mie­lie­blom 1 ei­er 5 ml (1 t) wa­ter 125 ml (½ k) droë lae-GI-brood­krum­mels skil van 1 suur­le­moen 1 knof­fel­hui­sie, fyn ge­druk 30 ml (2 e) pie­ter­sie­lie, ge­kap

SOUS

125 ml (½ k) na­tuur­li­ke jo­gurt 5 ml (1 t) o­lyf­o­lie suur­le­moen­sap en -skil na smaak sout en pe­per

jong groen­bo­ne, jong aar­tap­pels met pie­ter­sie­lie ge­meng, en suur­le­moen­sky­we vir voor­sit

Voor­ver­hit die oond tot 200 °C. Smeer ’n bak­plaat.

Hoen­der Vlek die fi­let­te ho­ri­son­taal, maar moe­nie deur­sny nie. Kap plat­ter met die on­der­kant van jou hand­palm. Smeer al­kant met die mos­terd en geur met die sout, pe­per en suur­le­moen­sap. Meng die meel en mie­lie­blom in ’n bak­kie. K­lits die ei­er en wa­ter in ’n an­der vlak bak­kie. Meng die brood­krum­mels, suur­le­moen­skil, knof­fel en ge­kap­te pie­ter­sie­lie in ’n an­der bak­kie.

Doop die hoen­der­fi­let­te in die meel­meng­sel, dan in die ei­er­meng­sel en dan in die brood­krum­mel­meng­sel. Rol tot goed be­dek en plaas op die ge­smeer­de bak­plaat. Bak 10­15 mi­nu­te en draai een keer ver­sig­tig om. Sous Meng al die be­stand­de­le saam. Sit die hoen­der voor met ’n skep­pie sous, groen­bo­ne, pie­ter­sie­lie­aar­tap­pels en suur­le­moen­sky­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.