LAM­STOK­KIES MET KOOL­SLAAI

Maak die ke­babs in die oond, op die ko­le of in ’n rif­fel­pan gaar; nie in ’n ge­wo­ne pan nie.

Huisgenoot Diabete - - Vleis -

MA­RI­NA­DE

1 klein bos­sie ment, ge­kap 10 ml (2 t) o­ri­ga­num, ge­kap 4 knof­fel­hui­sies, ge­kap hal­we bos­sie stin­gel­uie, ge­kap sap en skil van 1-2 suur­le­moe­ne 5 ml (1 t) elk fyn ko­myn en kol­jan­der 500 ml (2 k) na­tuur­li­ke jo­gurt sout en pe­per

KE­BABS

6 ke­babs Be­rei­ding 20 mi­nu­te Ma­ri­neer­tyd 1 uur of oor­nag Gaar­maak­tyd 15 mi­nu­te Staan­tyd (slaai) 30 mi­nu­te

1 kg ont­been­de lamsboud, in groot blok­ke

ge­sny 12 pie­kel­ui­tjies, in die helf­te ge­sny sout en pe­per

o­lyf­o­lie vir verf

SLAAISOUS

2 cm-stuk gem­mer, ge­ras­per 1 knof­fel­hui­sie, ge­kneus 30-45 ml (2-3 e) o­lyf­o­lie 45 ml (3 e) suur­le­moen­sap vars kol­jan­der, ge­kap kny­pie sui­ker

SLAAI

½ kop blom­kool of broc­co­li ¼ kop­kool, in dun re­pies ge­sny ¼ kom­kom­mer, in dun s­tok­kies ge­sny 4 stin­gel­uie, ge­kap 6 tor­til­las en na­tuur­li­ke jo­gurt vir voor­sit

Ma­ri­na­de Meng die be­stand­de­le saam in 'n nie­me­taal­bak. Ke­babs Voeg die vleis by die ma­ri­na­de en laat dit 1 uur ma­ri­neer, maar ver­kies­lik oor­nag. Ver­wy­der die vleis uit die ma­ri­na­de en ryg dit saam met die pie­kel­ui­tjies op s­tok­kies. Geur met die sout en pe­per.

Verf die ke­babs met o­lyf­o­lie. Braai dit in ’n ver­hit­te rif­fel­pan of op die ko­le, of roos­ter dit in die oond tot gaar. Slaaisous Meng al die be­stand­de­le saam. Slaai Meng al die be­stand­de­le en giet die sous oor. Laat 30 mi­nu­te staan. Sit die ke­babs, slaai en jo­gurt in ’n warm tor­til­la voor .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.