GROEN­TE­LASA­GNE

Vir dié la­sa­gne ge­bruik jy ei­er­vrug en sam­pi­oe­ne pleks van maal­vleis, en by die kaas­sous kom spi­na­sie.

Huisgenoot Diabete - - Groente -

TA­MA­TIE­SOUS

- 15 ml (1 e) o­lie 1 ui, ge­kap 2 knof­fel­hui­sies, fyn ge­sny 2 blik­ke (400 g elk) ge­kap­te ta­ma­tie 45 ml (3 e) elk vars ge­kap­te ba­si­lie en o­ri­ga­num

SPINASIEKAAS

4 knof­fel­hui­sies, fyn ge­druk 15 ml (1 e) o­lie 200 g spi­na­sie, fyn ge­sny 250 g (1 bak­kie) maas­kaas 2 ei­er­wit­te, ef­fens ge­klits kny­pie neut­mus­kaat sout en pe­per na smaak 500 ml (2 k) moz­za­rel­la­kaas, ge­ras­per

GROEN­TE-EN-PAS­TA-LAE

1 ei­er­vrug, in sky­we ge­sny o­lie vir oorverf 8 spi­na­sie­pas­ta­vel­le 250 g bruins­am­pi­oe­ne, in sky­fies ge­sny en

ge­braai 20 g par­me­saan­kaas vir bo-oor strooi

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oond­bak.

1 Ta­ma­tie­sous Ver­hit die o­lie en roer­braai die ui en knof­fel tot sag. Voeg die ta­ma­tie en kruie by, ver­laag die hit­te en laat prut tot geu­rig en nie meer wa­te­rig nie. Hou een­kant.

2 Spinasiekaas Roer­braai die knof­fel in ’n bie­tjie o­lie tot sag. Voeg die spi­na­sie by en ver­hit tot ver­welk. Laat 15­20 mi­nu­te af­koel. Plaas in ’n voed­sel­ver­wer­ker en ver­werk tot glad. Voeg die maas­kaas en ei­er­wit­te by en geur goed met die neut­mus­kaat, sout en pe­per. Roer die helf­te van die moz­za­rel­la­kaas by.

3 Groen­te-en-pas­ta-lae Verf die ei­er­vrug­sky­we met o­lie, plaas op ’n bak­plaat en oond­braai so­wat 15 mi­nu­te tot sag, maar nie droog nie. 4 Doop die pas­ta­vel­le een vir een in kook­wa­ter tot dit ef­fens ver­sag. 5 Giet ’n bie­tjie ta­ma­tie­sous on­der­in die bak. Pak lae pas­ta, spinasiekaas, ei­er­vrug, sam­pi­oe­ne en weer ta­ma­tie­sous. Herhaal die lae en ein­dig met spinasiekaas.

6 Sprin­kel die o­ri­ge moz­za­rel­la en die par­me­saan oor en bak so­wat 40 mi­nu­te tot goed gaar. Sit voor met ’n groen­slaai in­dien ver­kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.