GROEN GROEN­TE­SOP

Jy kan hier­die heer­li­ke sop met e­ni­ge groep groen groen­te­soor­te be­rei.

Huisgenoot Diabete - - Groente -

SOP

1 ui, ge­kap 3 knof­fel­hui­sies, fyn ge­druk 2 re­pe ma­er bladspek, ge­kap

(op­si­o­neel) 750 g-1 kg groen groen­te soos 3-4 preie, 300 g broc­co­li, 200 g spi­na­sie, 1 cos-blaar­slaai en 1-2 ste­le sel­de­ry, in stuk­ke ge­sny 1 li­ter (4 k) groen­te­af­trek­sel 15 ml (1 e) koek­meel 125 ml (½ k) la­e­vet­melk sout en pe­per sap en skil van 1 suur­le­moen 125 ml (½ k) na­tuur­li­ke la­e­vetjo­gurt 15 ml (1 e) ro­ket­pes­to (sien wenk)

PARMESAANHAPPIES (OP­SI­O­NEEL)

125 ml (½ k) fyn ge­ras­per­de

par­me­saan­kaas

1 Sop Plaas die ui en knof­fel in ’n ka­strol, voeg ’n bie­tjie wa­ter by en smoor tot sag. Voeg ook die spek by in­dien ge­bruik.

2 Voeg die preie, broc­co­li, spi­na­sie, blaar­slaai en sel­de­ry by en roer deur. Giet die af­trek­sel by, roer deur en laat kook. Laat prut tot die groen­te sag is en roer af en toe.

3 Pols die sop met ’n staaf­men­ger fyn in die ka­strol. As jy ’n baie glad­de sop ver­lang, kan jy dit ook deur ’n sif giet.

4 Giet te­rug in die ka­strol. Meng die koek­meel met ’n bie­tjie van die melk. Hou een­kant. Voeg die res van die melk by die groen­te­meng­sel. Geur met die sout, pe­per en suur­le­moen­sap en ­skil. Roer die meel­pas­ta by, bring tot kook­punt en laat prut tot geu­rig en ef­fens dik. 5 Roer die jo­gurt en pes­to deur. 6 Parmesaanhappies Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Skep ho­pies kaas ver uit me­kaar op ’n uit­ge­voer­de bak­plaat. Plaas in die oond tot ge­smelt. Sit voor saam met die sop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.