VEEL­SY­DI­GE TA­MA­TIE-EIERVRUGSMOOR

Met dié smoor kan jy ca­po­na­ta of hoenderkerrie maak.

Huisgenoot Diabete - - Groente -

SMOOR

2 groot ei­er­vrug­te, in stuk­ke ge­sny 1-2 uie, ge­skil en in stuk­ke ge­sny 3-4 knof­fel­hui­sies, fyn ge­druk 10 groot ryp ta­ma­ties, ont­vel of 2 blik­ke

(400 g elk) ta­ma­ties, ge­kap sout en pe­per na smaak 5 ml (1 t) bruin­sui­ker

VIR CA­PO­NA­TA

125 g jong groen­bo­ne 3 murg­pam­poen­tjies, in stuk­ke ge­sny 3 swar­to­ly­we (op­si­o­neel) 125 ml (½ k) ba­si­lie­bla­re

VIR KER­RIE

15 ml (1 e) ge­roos­ter­de ker­rie­poei­er 2 hoen­der­bor­sies, in stuk­ke ge­sny 125 g ba­bas­pi­na­sie 4 ba­ba­mie­lies of sam­pi­oe­ne 3-4 murg­pam­poen­tjies of sam­pi­oe­ne 60 ml (¼ k) ge­kap­te kol­jan­der­bla­re

geel lae-GI-bas­ma­ti­rys en ge­kap­te ta­ma­tie

en-ui-sam­bal vir voor­sit (lees die wenk)

1 Smoor Plaas die ei­er­vrug in die mi­kro­golf en ver­hit 5-7 mi­nu­te tot sag. 2 Plaas die ui en knof­fel in ’n ka­strol, giet ’n bie­tjie kook­wa­ter oor en smoor tot sag. 3 Voeg die ei­er­vrug en ta­ma­ties by. Ver­laag die hit­te en laat prut tot ’n moes. Geur met die sout, pe­per en sui­ker.

4 As jy ca­po­na­ta maak Roer die bo­ne en murg­pam­poen­tjies by die smoor en ver­hit tot dit warm en die groen­te net gaar maar nog baie bros is. Roer die o­ly­we (in­dien ver­kies) en ba­si­lie­bla­re by en sit voor saam met vleis.

5 As jy ker­rie maak Roer die ker­rie­poei­er deur die ta­ma­tie­smoor en laat goed deur­kook. Geur die hoen­der­stuk­ke met sout en pe­per en voeg by. Laat prut tot gaar.

6 Voeg die spi­na­sie, ba­ba­mie­lies of sam­pi­oe­ne en murg­pam­poen­tjies of sam­pi­oe­ne by en laat prut tot net gaar, maar nog baie bros. Roer die kol­jan­der­bla­re by.

7 Sit voor saam met die ker­rie, sam­bal en geel­rys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.