PAN­NA COT­TA

As jy ek­stra flam­bo­jant wil wees, kan jy die na­ge­reg­gies op ’n bord ont­vorm en ver­sier.

Huisgenoot Diabete - - Soetgoed -

12 klein kop­pies pan­na cot­ta Be­rei­ding 20 mi­nu­te Ver­koel­tyd oor­nag

625 ml (2½ k) lig­te in­ge­damp­te melk 375 ml (1½ k) la­e­vet-maas­kaas 125 ml (½ k) Su­ga­li­te of xi­li­tol 15 ml (1 e) roos­wa­ter 25 ml (5 t) ge­la­tien 60 ml (¼ k) wa­ter

e­ni­ge rooi vrug­te, ver­pulp saam met ’n bie­tjie xi­li­tol, vir voor­sit

Spuit 12 es­pres­so­kop­pies met kos­sproei.

Giet die melk en maas­kaas in ’n bak en voeg die ver­soe­ter by. Roer tot die ver­soe­ter op­ge­los het. Voeg die roos­wa­ter daar­by.

Sprin­kel die ge­la­tien oor die wa­ter en laat staan om te spons. Smelt die ge­la­tien oor ’n bak kook­wa­ter of in die mi­kro­golf­oond.

Meng die ge­smel­te ge­la­tien met ’n klein hoe­veel­heid maas­kaas­meng­sel en roer dit dan by die res van die meng­sel in. Meng goed tot glad. Giet in die voor­be­rei­de kop­pies en ver­koel oor­nag in die yskas. Sit die pan­na cot­tas voor met die vrug­te­pu­ree.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.