Murg­pam­poen­tjie-slaai met quin­oa

Huisgenoot Glutenvry - - Front Page -

In­te­res­sant ge­noeg is quin­oa glad nie ’n graan­soort nie; dis die saad van ’n plant en het ’n lae GI. Daar­by is dit prop­vol pro­te­ïen.

6 por­sies

Be­rei­ding 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 20-30 mi­nu­te

SLAAISOUS 60 ml (¼ k) suur­le­moen­sap 45 ml (3 e) sterk groen rooi­bos­tee 2 knof­fel­hui­sies, fyn ge­druk 90 ml (6 e) o­lyf­o­lie 15 ml (1 e) rou heu­ning (lees die wenk op bl. 64) sout en pe­per 5 ml (1 t) fyn ge­ras­per­de suur­le­moen­skil 5 ml (1 t) ge­roos­ter­de ko­myn SLAAI 250 ml (1 k) quin­oa, af­ge­spoel 125 ml (½ k) re­ën­boog­len­sies groen­te­af­trek­sel om quin­oa en len­sies in te kook 6-8 murg­pam­poen­tjies paar klein ta­ma­tie­tjies 1 klein rooi-ui, ge­kap sout na smaak 30 g ba­si­lie­bla­re, ge­kap 30 g elk ok­ker­neu­te en son­ne­blom­saad, ge­roos­ter

1 Slaaisous Meng al die be­stand­de­le en hou een­kant. 2 Slaai Kook die quin­oa en len­sies tot sag in a­par­te ka­strol­le en in ge­noeg groen­te­af­trek­sel om dit te be­dek. D­rei­neer al­bei en meng met me­kaar. Giet die slaaisous oor en laat af­koel. 3 Sny die murg­pam­poen­tjies met ’n groen­te­skil­ler in lang, dun re­pe. Meng die ta­ma­ties, ui, sout en ba­si­lie lig­gies by die len­sie-en-quin­oa-meng­sel. Rang­skik die murg­pam­poen­tjies bo-op en sprin­kel die ok­ker­neu­te en son­ne­blom­saad oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.