Quin­oa-a­man­del­koe­kies

Huisgenoot Glutenvry - - Front Page -

Ons het hier­die lek­ker koek in piep­klein vorm­pies ge­bak. Dit lyk mooi en so be­perk jy die por­sie­groot­te.

So­wat 74 mi­ni­koe­kies

Be­rei­ding 30 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 50 mi­nu­te Bak­tyd 10-12 mi­nu­te

KOE­KIES 150 g quin­oa 150 g fyn a­man­dels 4 ei­ers, ge­skei 250 ml (1 k) bruin­sui­ker 5 ml (1 t) bak­poei­er 10 ml (2 t) mie­lie­blom 25 g ge­smel­te bot­ter

STROOP 500 ml (2 k) roos­bla­re 30 ml (2 e) suur­le­moen­sap 375 ml (1½ k) sui­ker 375 ml (1½ k) wa­ter

G­riek­se jo­gurt of dik room vir voor­sit

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Spuit tert­vorm­pies baie goed met kos­sproei. 1 Koe­kies Roos­ter die quin­oa en a­man­dels 15-20 mi­nu­te in af­son­der­li­ke pan­ne oor lae hit­te tot goud­bruin. 2 Plaas die ge­roos­ter­de quin­oa in 400 ml wa­ter in ’n ka­strol en ver­hit tot kook­punt. Plaas die dek­sel op en laat 15 mi­nu­te prut tot die kor­rels bars. Laat af­koel en d­rei­neer. 3 K­lits die ei­er­ge­le en die helf­te van die bruin­sui­ker met ’n e­lek­trie­se klit­ser tot ro­me­rig en lig­kleu­rig. 4 K­lits die ei­er­wit­te, die res van die bruin­sui­ker en die bak­poei­er in ’n af­son­der­li­ke meng­bak tot dik. 5 Vou die quin­oa, a­man­dels en mie­lie­blom by die ei­er­geel­meng­sel in, ge­volg deur die ei­er­wit­meng­sel en ge­smel­te bot­ter. 6 Ver­deel die be­slag tus­sen die tert­vorm­pies en bak 10-12 mi­nu­te. Laat ef­fens in die pan­ne­tjies af­koel, keer uit en laat heel­te­mal op ’n draad­rak­kie af­koel. 7 Stroop Spoel die roos­bla­re af en skeur die wit de­le af. Plaas die roos­bla­re en suur­le­moen­sap in ’n ka­strol. Roer met ’n hout­le­pel oor lae hit­te tot die bla­re be­gin ver­brok­kel. Plaas die ka­strol in ’n bak ys­wa­ter om die kook­pro­ses stop te sit en die kleur te be­hou. 8 Ver­hit die sui­ker en wa­ter in ’n ka­strol en roer tot die sui­ker op­ge­los het. Bring tot kook­punt oor hoë hit­te en voeg die roos­bla­re by. Laat prut so­wat 10-12 mi­nu­te tot die stroop ver­dik. Roer af en toe. 9 Giet oor die koe­kies en sit voor met G­riek­se jo­gurt of dik room.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.