Sjo­ko­la­de-a­man­del­koek

Huisgenoot Glutenvry - - Front Page -

Die ver­ruk­li­ke re­sep is be­dink deur die Jo­han­nes­burg­se ge­sond­heids­ghoe­roe en sjef Matthew Bal­len­den.

2 klei­ne­ri­ge koek­brood­jies van 10 sny­tjies elk

Be­rei­ding 20 mi­nu­te Bak­tyd 30 mi­nu­te Af­koel­tyd 15 mi­nu­te

o­lie vir smeer ka­kao vir sprin­kel 400 g ei­er­vrug, ge­prik met ’n vurk 400 g don­ker­sjo­ko­la­de (70%), in stuk­kies ge­breek 50 g ka­kao van goeie ge­hal­te 60 g ge­maal­de a­man­dels 3 ei­ers 200 g rou heu­ning 10 ml (2 t) bak­poei­er 2 ml (½ t) seesout 10 ml (2 t) bran­de­wyn ka­kao en sjo­ko­la­de­stuk­kies vir af­ron­ding

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Smeer twee klein brood­pan­ne­tjies of ’n los­boom-koek­pan van 23 x 7 cm met o­lie en sprin­kel ka­kao daar­in. 1 Ver­hit die ei­er­vrug so­wat 15 mi­nu­te of tot heel­te­mal sag in die mi­kro­golf. Ver­werk dit in die voed­sel­ver­wer­ker tot ’n glad­de pu­ree. 2 Voeg die sjo­ko­la­de by die ei­er­vrug in die bak en meng tot die sjo­ko­la­de ge­smelt het. 3 Voeg die res van die be­stand­de­le by en meng goed. 4 Giet in die voor­be­rei­de pan(ne) en bak 30 mi­nu­te. 5 Laat 15 mi­nu­te af­koel in die pan(ne) en keer dan op ’n draad­rak uit. Laat af­koel. 6 Sprin­kel sjo­ko­la­de­stuk­kies oor en sif ka­kao oor voor jy dit voor­sit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.