Mex­i­kaan­se kas­se­rol

Huisgenoot Glutenvry - - Front Page -

Hier­die ge­reg het ’n ef­fen­se byt.

4 por­sies Be­rei­ding 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 40 mi­nu­te

400-500 g hoen­der­bors­fi­let­te son­der vel, in blok­kies of re­pies ge­sny sout en pe­per na smaak 10 ml (2 t) o­lyf­o­lie 1 ui, ge­kap 4 knof­fel­hui­sies, fyn ge­druk 3 groen soet­ris­sies, ont­pit en in blok­kies ge­sny 1 pak (300 g) ge­meng­de ge­sny­de sam­pi­oe­ne 5 ml (1 t) fyn ko­myn 5 ml (1 t) brand­ris­sie­poei­er 15 ml (1 e) ge­kap­te o­ri­ga­num of 5 ml (1 t) droë o­ri­ga­num 3 ta­ma­ties, ge­skil en ge­kap 1 blik (400 g) rooi nier­bo­ne, ge­drei­neer 375 ml (1½ k) gaar lae-GI-bruin­rys hand vol kol­jan­der­bla­re, ge­kap 60 ml (¼ k) na­tuur­li­ke jo­gurt ek­stra kol­jan­der­bla­re vir gar­ne­ring

ge­ras­per­de kom­kom­mer ge­meng met na­tuur­li­ke jo­gurt en tamatieslaai vir voor­sit

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. 1 Spuit ’n pan goed met kos­sproei en ver­hit dit. Geur die hoen­der­bor­sies met die sout en pe­per. Giet die o­lie oor en meng. Braai tot ef­fens bruin bui­te­om. Skep uit en hou een­kant. 2 Roer­braai die ui, knof­fel, soet­ris­sies en sam­pi­oe­ne ef­fens. Be­dek en stoom­braai tot net sag. Meng die ko­myn, ris­sie­poei­er, o­ri­ga­num, hoen­der en ta­ma­ties by, be­dek en stoom­braai so­wat 7 mi­nu­te tot geu­rig. 3 Roer die bo­ne, rys en kol­jan­der by en skep in ’n kas­se­rol­bak. Meng die jo­gurt deur en bak 20 mi­nu­te. Gar­neer met die kol­jan­der­bla­re. 4 Sit voor saam met die kom­kom­mer­jo­gurt en tamatieslaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.