Sam­pi­oen-o­me­let

Huisgenoot Glutenvry - - Front Page -

’n Vul­len­de ge­reg wat e­ni­ge tyd van die dag ge­ëet kan word.

2 por­sies

Be­rei­ding 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 5 mi­nu­te per o­me­let

VUL­SEL 1 ui (rooi of bruin), in sky­fies ge­sny 4 knof­fel­hui­sies, fyn ge­druk bot­ter vir gaar­maak 230 g sam­pi­oe­ne, in sky­fies ge­sny 30 ml (2 e) ta­ma­tie­pes­to 3-4 sky­fies ca­mem­bert­kaas per o­me­let O­ME­LET bot­ter vir gaar­maak 6 ei­er­wit­te 2 ei­er­ge­le sout en pe­per plat­blaar­pie­ter­sie­lie-tak­kies vir gar­ne­ring

1 Vul­sel Braai die ui en knof­fel in die bot­ter tot sag en gaar. Voeg die sam­pi­oe­ne by en braai tot bruin. Voeg die ta­ma­tie­pes­to by. Skep uit. 2 O­me­let Ver­hit ’n kleef­vrye pan­ne­koek­pan en braai ’n bie­tjie bot­ter daar­in tot ge­smelt. 3 K­lits die ei­er­wit­te styf, skep die helf­te in die pan en maak ge­lyk met ’n spa­tel. K­lits die ei­er­ge­le en giet die helf­te daar­van in ’n dun straal­tjie oor die ei­er­wit. 4 Braai tot die o­me­let gaar van on­der is en nie meer aan die pan vas­sit nie (die kan­te sal be­gin op­trek). 5 Keer ver­sig­tig om met ’n ei­er­spaan en braai tot die an­der kant ook net gaar is. 6 Plaas die o­me­let op ’n bord, skep van die sam­pi­oe­ne op, pak die ca­mem­bert bo-op en vou toe. Geur met die sout en pe­per, sprin­kel die pie­ter­sie­lie oor en sit da­de­lik voor. Herhaal met die res van die be­stand­de­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.