Wor­tel­muf­fins

Huisgenoot Glutenvry - - Front Page -

Die per­fek­te hap­pie vir ’n kos­blik of ’n vin­ni­ge ont­byt in die mo­tor op pad skool of werk toe.

6-12 muf­fins

Be­rei­ding 20 mi­nu­te Bak­tyd 30-35 mi­nu­te

375 ml (1½ k) fyn ge­ras­per­de wor­tel 250 ml (1 k) ap­pel­moes 125 ml (½ k) bos­bes­sies 125 ml (½ k) na­tuur­li­ke jo­gurt 60 ml (¼ k) o­lie 160 ml (²⁄₃ k) sui­ker 160 ml (²⁄₃ k) fyn klap­per 80 ml (¹⁄₃ k) ge­meng­de saad­meng­sel 500 ml (2 k) glu­ten­vrye meel­meng­sel (lees die wenk op bl. 8) 10 ml (2 t) koek­so­da 10 ml (2 t) fyn ka­neel kny­pie sout

bot­ter, bok­melk­kaas en heu­ning vir voor­sit

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Smeer 6 groot of 12 mid­del­slag-muf­fin­hol­tes. 1 Meng die wor­tel, ap­pel­moes, bos­bes­sies, na­tuur­li­ke jo­gurt en o­lie. 2 Meng die sui­ker, klap­per, saad­meng­sel, glu­ten­vrye meel­meng­sel, koek­so­da, fyn ka­neel en sout. Meng lig­gies by die wor­tel­meng­sel in. 3 Skep in 6 groot of 12 mid­del­slag-muf­fin­hol­tes. Bak 30-35 mi­nu­te of tot ’n toets­pen skoon uit­kom. 4 Sit voor met bot­ter, bok­melk­kaas en heu­ning.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.