Ap­pel­muf­fins

Huisgenoot Glutenvry - - Front Page -

Die klap­per en ap­pel gee die muf­fins ’n heer­li­ke geur en teks­tuur.

12 muf­fins

Be­rei­ding 15 mi­nu­te Bak­tyd 20-25 mi­nu­te

375 ml (1½ k) glu­ten­vrye meel­meng­sel (lees die wenk hier­on­der en op bl. 8) 125 ml (½ k) klap­per 15 ml (1 e) bak­poei­er kny­pie sout 100 ml bruin­sui­ker 100 ml son­ne­blom­o­lie 200 g ap­pel­moes 160 ml (²⁄₃ k) wa­ter 1 ap­pel, in dun sky­fies ge­sny en in suur­le­moen­wa­ter laat lê ka­neel­sui­ker vir bo-oor sprin­kel

bot­ter vir voor­sit

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Spuit 12 hol­tes van ’n mid­del­slag-muf­fin­pan met kos­sproei. 1 Meng die glu­ten­vrye meel, klap­per, bak­poei­er en sout baie goed saam. 2 Meng die sui­ker, o­lie, ap­pel­moes en wa­ter saam en voeg by die meel­meng­sel. 3 Skep die voor­be­rei­de muf­fin­pan­ne ¾ vol. 4 Druk 2 sky­fies ap­pel in elk­een en sprin­kel ka­neel­sui­ker oor. 5 Bak 20-25 mi­nu­te tot gaar. Laat ef­fens in die pan af­koel en laat dan heel­te­mal op ’n draad­rak­kie af­koel. 6 Sit voor met bot­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.