Vis­kro­ket­te

Kro­ket­te is mak­li­ke vin­ger­kos en ’n vin­ding­ry­ke ma­nier om vis voor te sit. Jy kan selfs oor­skiet­groen­te by die kro­ket­meng­sel voeg vir va­ri­a­sie en ek­stra voe­dings­waar­de!

Huisgenoot Kosblik-idees - - Inhoud -

LE­WER

12-15 kro­ket­te

Be­rei­ding 20-30 mi­nu­te Ver­koel­tyd 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 10 mi­nu­te

4 aar­tap­pels, geskil en ge­kook 250 g stok­vis, ge­stoom en ge­pluis 250 g skel­vis, ge­stoom en ge­pluis 10 g pie­ter­sie­lie, ge­kap sout en pas ge­maal­de pe­per 15 ml (1 e) suur­le­moen­sap 125 ml (½ k) meel 3 eiers, ge­klits 250 ml (1 k) droë brood­krum­mels o­lie vir vlak­braai

lem­me­tjie­sky­fies vir voor­sit (op­si­o­neel)

1 Druk die aar­tap­pels fyn en meng met die stok­vis, skel­vis en pie­ter­sie­lie. Geur met die sout, pe­per en suur­le­moen­sap. 2 Vorm si­ga­re van 10 cm met die meng­sel en rol in die meel, dan in die ei­er en dan in die brood­krum­mels. Ver­koel 15 mi­nu­te. 3 Ver­hit die o­lie vir vlak­braai en braai die kro­ket­te tot al­kant goud­bruin. 4 D­rei­neer die oor­tol­li­ge o­lie op kom­buis­pa­pier en laat af­koel. 5 Pak in saam met lem­me­tjie­sky­fies in­dien ver­kies.

14

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.