Fi­lo­si­ga­re met ri­cot­ta en spi­na­sie

Ka­se­rig en kraak­lek­ker! Die pes­to gee die spi­na­sie­vul­sel ’n heer­li­ke smaak. Jy kan die o­ri­ge pes­to een week in 'n lug­dig­te hou­er in die ys­kas of drie maan­de in die vries­kas bê­re.

Huisgenoot Kosblik-idees - - Inhoud -

LE­WER

4-5 groot si­ga­re

Be­rei­ding 30 mi­nu­te Bak­tyd 20 mi­nu­te

PES­TO

sout 250 ml (1 k) pam­poen­pit­te 120 g vars kol­jan­der­bla­re 2 groot knof­fel­hui­sies, geskil 125 ml (½ k) ge­ras­per­de sterk kaas soos gruyè­re 250 ml (1 k) o­lyf­o­lie 5 ml (1 t) suur­le­moen­sap 1 ml (¼ t) fyn ge­ras­per­de suur­le­moen­skil

VUL­SEL

300 g ri­cot­ta­kaas 1 bos spi­na­sie, ont­kern en fyn ge­kap 6-8 swart o­ly­we, ont­pit en ge­kap

SI­GA­RE

1 rol fi­lo­deeg, ont­dooi bot­ter, ge­smelt se­sam­saad vir oor­sprin­kel Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bak­plaat of t­wee. 1 Pes­to Sprin­kel die sout oor die pam­poen­pit­te en skud­roos­ter in ’n droë pan tot ge­skroei. Plaas die kol­jan­der en knof­fel in ’n voed­sel­ver­wer­ker, voeg die pam­poen­pit­te en kaas by en kap grow­we­rig fyn. Giet die o­lyf­o­lie en suur­le­moen­sap en ­skil deur die tuit by. 2 Vul­sel Meng die ri­cot­ta, spi­na­sie en o­ly­we. Voeg ’n paar le­pels pes­to na smaak by. 3 Si­ga­re Laat die fi­lo­deeg plat lê. Hal­veer. Smeer el­ke vel met die bot­ter. (Hou dié wat jy nie ge­bruik nie on­der ’n klam doek.) 4 Skep ’n lang strook vul­sel op die on­der­ste kant van die deeg, maar hou ’n deel tus­sen die vul­sel en deeg­rand oop. Vou dié deel van die deeg oor die vul­sel en vou die kan­te in. Rol op. Her­haal met die res van die vul­sel. 5 Plaas op ’n bak­plaat, verf met die ge­smel­te bot­ter, sprin­kel die se­sam­saad oor en bak so­wat 20 mi­nu­te. Laat af­koel. Pak in ’n lug­dig­te hou­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.