Vet­koek met ge­pluis­de vark­vleis en kool

Kool en ra­fel­vleis is koel pas­maats. Voeg vet­koek by en jy het ’n smul­maal­tyd.

Huisgenoot Kosblik-idees - - Inhoud -

LE­WER

6-8 vet­koe­ke

Be­rei­ding 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 45-50 mi­nu­te (vleis), 15-20 mi­nu­te (vet­koe­ke)

STEAK

4 vark­nekste­aks

SOUS

30 ml (2 e) so­ja­sous 60 ml (¼ k) heuning of bruin­sui­ker 125 ml (½ k) wa­ter 2 knof­fel­hui­sies, fyn ge­druk 5 ml (1 t) ge­ras­per­de vars gem­mer

VET­KOE­KE

1 kg win­kel­brood­deeg o­lie vir diep­braai

SA­ME­STEL­LING

500 ml (2 k) ge­ras­per­de kop­kool hand vol vars kol­jan­der­bla­re Voor­ver­hit die oond tot 200 °C. 1 Steak Pak die ste­aks teen me­kaar in ’n oond­bak. 2 Sous K­lits al die be­stand­de­le saam en giet oor die ste­aks. Be­dek met foe­lie en bak 45­50 mi­nu­te tot dit gaar en die vleis sag is. Pluis die vleis rof­weg met t­wee vur­ke en hou een­kant. Hou die sous ook een­kant. 3 Vet­koe­ke Rol die deeg lig­gies uit en sny in blok­ke. Laat rys. Ver­hit die o­lie vir diep­vet­braai en braai die deeg­blok­ke tot goud­bruin en gaar. D­rei­neer op kom­buis­pa­pier. 4 Sa­me­stel­ling Pak die vet­koe­ke, vleis en kool en kol­jan­der in a­par­te hou­ers in. Sny die vet­koe­ke oop, pak van die kool en kol­jan­der­bla­re in die vet­koe­ke, ge­volg deur van die ge­pluis­de vleis. Drup van die o­ri­ge sous oor en ge­niet da­de­lik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.