Ke­ker­ert­jie­pas­teie

Soos al­le peul­ge­was­se is ke­ker-ertjies su­per­kos – dit is prop­vol pro­te­ïen, vi­ta­mie­ne en mi­ne­ra­le. Dit sal jou ook lan­ger ver­sa­dig en e­ner­giek laat voel.

Huisgenoot Kosblik-idees - - Inhoud -

LE­WER

4 pas­teie

Be­rei­ding 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 10-15 mi­nu­te Bak­tyd 30-40 mi­nu­te

15 ml (1 e) o­lie 2 uie, ge­kap 2 knof­fel­hui­sies, fyn ge­druk 300 g broc­co­li, in klei­ner boom­pies ge­breek 1 blik (410 g) ke­ker-ertjies, af­ge­spoel en ge­drei­neer sout en pe­per 500 g win­kel­brood­deeg 150 g moz­za­rel­la­kaas, ge­ras­per 30 ml (2 e) melk Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Spuit ’n bak­plaat met kos­sproei. 1 Ver­hit die o­lie in ’n pan en braai die uie en knof­fel tot goud­bruin en sag. Voeg die broc­co­li by en roer­braai tot gaar. 2 Meng die ke­ker-ertjies deur die broc­co­li­meng­sel en geur na smaak met die sout en pe­per. Skep uit en laat ef­fens af­koel. 3 Ver­deel die deeg in 4 stuk­ke en rol elk­een rof­weg in ’n sir­kel uit. Skep ho­pies van die broc­co­li­meng­sel in die mid­del van el­ke sir­kel en sprin­kel die kaas oor. 4 Vou die een kant van die deeg oor en knyp die kant­jies in. Her­haal met die res. 5 Pak die pas­teie op die bak­plaat, verf met die melk en bak 35-40 mi­nu­te of tot goud­bruin en gaar. Laat af­koel, sny in sky­we en pak in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.