Bros hoen­der­stuk­kies met 2 doop­sou­se

Kan jy jou lek­ker­der be­derf­kos as bros ge­braai­de hoen­der op ’n stok­kie voor­stel? Pak dit en die doop­sou­se saam met ’n ys­pak in ’n koel­sak­kie so­dat dit vars bly.

Huisgenoot Kosblik-idees - - Inhoud -

LE­WER

12 hap­pies

Be­rei­ding 20 mi­nu­te Ma­ri­neer­tyd 1 uur Gaar­maak­tyd 20 mi­nu­te

HOEN­DER

200 ml kar­ring­melk 10 ml (2 t) wor­ces­ter­sous 1 knof­fel­hui­sie, fyn ge­druk 5 ml (1 t) so­ja­sous 300 g hoen­der­bors­fi­let­te, in gro­te­ri­ge stuk­ke of re­pe ge­sny koek­meel ge­geur met 1 ml (¼ t) pa­pri­ka en sout na smaak 1 ei­er, ef­fens ge­klits droë brood­krum­mels en se­sam­sa­de, ge­meng o­lie vir oor­sprin­kel

AVO-DOOPSOUS

1 a­vo­ka­do, fyn ge­maak 2 ge­kap­te spriet­uie 1 ge­kap­te ta­ma­tie 15 ml (1 e) suur­le­moen­sap sout en pe­per na smaak

HEUNING-MOSTERDDOOPSOUS

125 ml (½ k) room­kaas 10 ml (2 t) heuning 15 ml (1 e) Di­jon-mos­terd

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. 1 Hoen­der Meng die kar­ring­melk, wor­ces­ter­sous, knof­fel en so­ja­sous. Giet oor die hoen­der­por­sies en laat 1 uur ma­ri­neer. 2 Skep die ge­geur­de koek­meel, ge­klits­te ei­er en brood­krum­mel­meng­sel in af­son­der­li­ke bor­de. 3 Rol die hoen­der­re­pies eers in die koek­meel, dan in die ei­er en dan in die krum­mel­meng­sel. 4 Pak in ’n en­kel­laag op ’n ge­smeer­de bak­plaat, sprin­kel ’n bie­tjie o­lie oor en bak so­wat 15 mi­nu­te of tot bruin van bo. Draai om en bak nog so­wat 5 mi­nu­te tot gaar. 5 Avo-doopsous Meng die a­vo­ka­do, uie en ta­ma­tie. Voeg die suur­le­moen­sap by en geur met die sout en pe­per. 6 Heuning-mos­terd-doopsous Meng die room­kaas met die heuning en mos­terd. 7 Laat die hoen­der goed af­koel, steek ’n so­sa­tie­stok­kie deur elk en pak in ’n hou­er­tjie. Skep die sou­se in bak­kies wat dig sluit en pak in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.