Slaai met T­hai­se vark­vleis­re­pies

Vark­vleis en grond­bo­ne is ’n be­ken­de en heer­li­ke T­hai­se kom­bi­na­sie.

Huisgenoot Kosblik-idees - - Inhoud -

LE­WER

4 por­sies

Be­rei­ding 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 20-25 mi­nu­te

VARKREPIES

400 g vark­fi­let of -len­de­stuk, in re­pies ge­sny sout en pe­per o­lie 15-30 ml (1-2 e) knof­fel-en­gem­mer­pas­ta 30 ml (2 e) so­ja­sous 60 ml (¼ k) soet brand­ris­sie­sous paar drup­pels vis­sous 2-3 lem­me­tjies se sap en skil 250 g ver­mi­cel­li-rys­noe­dels

GROEN­TE

250 g kool- en wor­tel­re­pies 60 ml (¼ k) elk ge­kap­te spriet­uie, vars ment en vars kol­jan­der­bla­re grond­boon­tjies vir bo-oor sprin­kel

1 Varkrepies Geur die vleis met die sout en pe­per. 2 Roer­braai die vleis in ’n klein bie­tjie o­lie saam met die knof­fel­en­gem­mer­pas­ta tot dit net gaar is. Voeg die so­ja­sous, soet brand­ris­sie­sous, vis­sous en die lem­me­tjie­sap en ­skil by. Meng en laat af­koel. 3 Giet kook­wa­ter oor die rys­noe­dels en hou een­kant tot sag. D­rei­neer en voeg by die varkrepies. Skep in ’n hou­er en laat af­koel. 4 Groen­te Skep die groen­te en grond­boon­tjies in a­par­te bak­kies. Meng die vleis en groen­te net voor op­die­ning en sprin­kel die grond­bo­ne oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.