C­hi­ne­se so­ja­vark­rol­le­tjies

Wil jy roer­braai def­tig laat lyk? Sit ’n de­gie om! Dié fi­lo­rol­le­tjies lyk dalk na baie moei­te, maar word eint­lik gou­gou be­rei en dis ook mak­lik om uit ’n kosblik te eet.

Huisgenoot Kosblik-idees - - Inhoud -

LE­WER

10-12 rol­le­tjies

Be­rei­ding 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 30 mi­nu­te

15 ml (1 e) o­lie 600-750 g vark­fi­let, in re­pies ge­sny 30 ml (2 e) bruin­sui­ker 60 ml (¼ k) so­ja­sous 10 ml (2 t) se­sam­o­lie 5 ml (1 t) suur­le­moen­sap 350 g kool­slaai­meng­sel 250 g fi­lo­deeg 60 ml (¼ k) bot­ter, ge­smelt 15 ml (1 e) se­sam­sa­de

ek­stra so­ja­sous vir voor­sit

Voor­ver­hit die oond tot 200 °C. Spuit ’n bak­plaat met kos­sproei. 1 Ver­hit die o­lie in ’n pan en braai die vark in sar­sies tot net gaar. 2 Voeg die sui­ker, so­ja­sous, se­sam­o­lie, suur­le­moen­sap en kool­slaai by en roer­braai ’n paar mi­nu­te. Hou een­kant. 3 Sny die fi­lo­deeg in die leng­te in die helf­te. Skep van die vul­sel aan die on­der­punt van een van die vel­le deeg. Verf die kan­te van die deeg met van die ge­smel­te bot­ter. Vou die kan­te in en rol op so­dat dit ’n rol­le­tjie vorm. 4 Pak op die bak­plaat en verf met die ge­smel­te bot­ter. 5 Sprin­kel die se­sam­saad­jies oor en bak 15­20 mi­nu­te of tot goud­bruin in die oond. 6 Neem so­ja­sous in ’n a­par­te bak­kie saam om dit saam met die rol­le­tjies te ge­niet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.