Ha­wer­mout­neut­koe­kies

Met die ha­wer­mout, a­man­dels, sul­ta­nas, ap­pel­ko­sies en bos­bes­sies in dié koe­kies hoef jy glad nie skul­dig te voel as jy een of t­wee hier­van in ’n kosblik glip nie.

Huisgenoot Kosblik-idees - - Inhoud -

LE­WER

12-16 klein koe­kies

Be­rei­ding 15 mi­nu­te Bak­tyd 10-15 mi­nu­te

125 g bot­ter 250 ml (1 k) bruin­sui­ker 1 groot ei­er 180 g bruis­meel 5 ml (1 t) koek­so­da kny­pie sout 5 ml va­niel­je­geur­sel 125 ml (½ k) ha­wer­mout 50 g ge­vlok­te a­man­dels 80 ml (¹ ⁄ ₃ k) elk sul­ta­nas, ge­kap­te ap­pel­ko­sies en bos­bes­sies (op­si­o­neel) 100 g pe­kan­neut­helf­tes Voor­ver­hit die oond tot 200 °C. Voer ’n groot bak­plaat uit met bak­pa­pier. 1 Klop die bot­ter en sui­ker tot ro­me­rig en k­lits die ei­er by. 2 Voeg die res van die be­stand­de­le be­hal­we die pe­kan­neu­te by en meng goed. 3 Skep le­pels vol van die deeg op die voor­be­rei­de bak­plaat en druk ’n pe­kan­neut­helf­te op elk­een. 4 Bak 10­15 mi­nu­te tot dit be­gin ver­kleur. Laat ef­fens af­koel op die bak­plaat, pak op ’n draad­rak­kie en laat heel­te­mal af­koel. Bê­re in ’n lug­dig­te hou­er. Pak ’n koe­kie of t­wee in die kosblik as soet ver­sna­pe­ring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.