Hart­brood­jies en slaai

Maak ge­wo­ne toe­bies in­te­res­sant deur die bot­ter met mos­terd te geur en druk mooi vorms uit die broodjies. Pas die hoe­veel­he­de aan na ge­lang van die be­hoef­te.

Huisgenoot Kosblik-idees - - Inhoud -

LE­WER

6 toe­brood­jies (24 kwar­te)

Be­rei­ding 10 mi­nu­te

TOE­BROOD­JIES

15 ml (1 e) mos­terd, ge­meng met 100 g bot­ter 6 snye lae-gi-vol­graan­brood 6 snye lae-gi-wit­brood 200 g ham­sky­we 240 g kruie-room­kaas of ka­se­ri­ge Mar­mi­te

SLAAI

hand vol ge­meng­de slaai­bla­re 1 ta­ma­tie, in blok­kies ge­sny gras­uie na smaak

1 Toe­brood­jies Smeer die mos­terd­bot­ter op al die snye brood. Plaas ’n sky­fie ham op die wit­brood en plak die twee­de sny wit­brood bo­op. Her­haal met die res van die wit­brood. 2 Smeer ’n sny vol­graan­brood met krui­e­room­kaas of ka­se­ri­ge Mar­mi­te. Plak die twee­de sny vol­graan­brood op. Her­haal met die res van die vol­graan­brood. 3 Druk 4 hart­jies uit el­ke toe­brood­jie en rang­skik 2 wit­en 2 vol­graan­hart­jies in ’n vier­kant by­me­kaar. Her­haal met die o­ri­ge brood. Draai toe in was­pa­pier. 4 Slaai Meng die slaai­bla­re, ta­ma­tie en gras­uie in ’n skroef­fles of an­der hou­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.