S­pek­en­ei­er­tor­til­las

Die lek­ker ding van tor­til­la­rol­le­tjies is jy kan met ge­mak ál jou guns­te­lings­ma­ke saam­voeg en boon­op al­les in ’n en­ke­le hap­pie proe!

Huisgenoot Kosblik-idees - - Inhoud -

LE­WER

4 rol­le­tjies

Be­rei­ding 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 20 mi­nu­te

VUL­SEL

4-6 re­pe bladspek hand vol klein ta­ma­ties, ge­hal­veer in­dien te groot 125 g bruins­am­pi­oe­ne, in sky­we ge­sny sout en pe­per o­lyf­o­lie 4 eiers, hard­ge­kook

SA­ME­STEL­LING

4 tor­til­las 4 bla­re cos-slaai hand vol gras­uie pe­co­ri­no-skaaf­sels (op­si­o­neel) 180 ml (¾ k) ma­yon­nai­se, ge­meng met 80 ml (¹ ⁄ ₃ k) na­tuur­li­ke jo­gurt

Voor­ver­hit die roos­ter­e­le­ment van die oond. 1 Vul­sel Pak die s­pek, ta­ma­ties en sam­pi­oe­ne in ’n en­kel­laag op ’n bak­plaat, geur die ta­ma­ties en sam­pi­oe­ne met die sout en pe­per, drup ’n bie­tjie o­lyf­o­lie oor en oond­braai tot die spek­vleis gaar en ef­fens bros is (die ta­ma­ties moet nog heel wees). Kap die spek­vleis grof op. 2 Laat die eiers in koue wa­ter af­koel en dop af. Sny in sky­we en geur met die sout en pe­per. 3 Sa­me­stel­ling Plaas ’n tor­til­la op ’n plat op­per­vlak, plaas ’n slaai­blaar bo­op en pak van die ta­ma­ties, sam­pi­oe­ne en spek­vleis op, ge­volg deur ei­er­sky­we, gras­uie en kaas­skaaf­sels in­dien ge­bruik. Her­haal met die res van die be­stand­de­le. 4 Skep die jo­gurt­ma­yon­nai­se in ’n a­par­te bak­kie met ’n dek­sel. 5 Rol die tor­til­la op. Draai toe in was­pa­pier en pak saam met die ma­yon­nai­se in. Skep van die ma­yon­nai­se oor kort voor ete.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.