Vol­struis­ham­bur­ger

Dit help om ’n paar van dié gaar vleis­koe­kies in die vries­kas te hê vir daar­die dae wan­neer die tyd min is om in­pak­kos voor te be­rei.

Huisgenoot Kosblik-idees - - Inhoud -

LE­WER

8-10 vleis­koe­kies, 1 bur­ger

Be­rei­ding 10 mi­nu­te Ver­koel­tyd 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 10-12 mi­nu­te

VLEIS­KOE­KIES

4 snye bruin­brood, kor­sies af­ge­sny 160 ml (² ⁄ ₃ k) vet­vrye melk 1 kg vol­struis­maal­vleis of ’n meng­sel van vol­struis- en ma­er bief­maal­vleis 2 eiers, lig­gies ge­klits 1 ui, baie fyn ge­kap 7 ml (1½ t) sout 2 ml (½ t) pas ge­maal­de swart­pe­per 25 ml (5 t) ge­kap­te vars kol­jan­der­bla­re 5 ml (1 t) fyn ko­myn

SA­ME­STEL­LING (VIR 1 HAMBURGER)

1-2 cos-bla­re 2 snye bruin­brood, ge­roos­ter ½ ta­ma­tie, in sky­fies ge­sny sout en pe­per ¼ rooi-ui, in rin­ge ge­sny ’n paar re­pies kom­kom­mer, in lang re­pe ge­sny 30 ml (2 e) na­tuur­li­ke jo­gurt ge­meng met 3 ml (ruim ½ t) fyn ko­myn Voor­ver­hit die oond tot 200 °C. 1 Vleis­koe­kies Week die brood in die melk en maak goed fyn. Meng lig­gies met die res van die be­stand­de­le. 2 Vorm met nat han­de in 8-10 vleis­koe­kies en plaas 15 mi­nu­te in die koel­kas. 3 Plaas op ’n bak­plaat, spuit met ’n bie­tjie o­lyf­o­lie en oond­braai 10-12 mi­nu­te tot me­di­um­gaar. Draai ’n paar maal om ty­dens die gaar­ma­ke­ry. Laat af­koel en vries tot be­no­dig in­dien ver­kies. 4 Sa­me­stel­ling Pak die vleis­koe­kies en an­der be­stand­de­le vir sa­me­stel­ling in a­par­te bak­kies. Plaas 1-2 bla­re op ’n sny brood, pak die ta­ma­tie, ge­geur met sout en pe­per, op, ge­volg deur die vleis­koe­kie, ui­e­rin­ge en kom­kom­mer. Skep die jo­gurt oor. Plaas die an­der brood­jie bo-op. Ge­niet da­de­lik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.