Reu­se­sa­moe­sas

Vlok­ke­ri­ge fi­lo-drie­hoe­kies bly ’n tref­fer en met dié geu­ri­ge vul­sel van vark­maal­vleis en ap­pel is dit son­der byt.

Huisgenoot Kosblik-idees - - Inhoud -

LE­WER

4-6 groot sa­moe­sas

Be­rei­ding 15-20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 20 mi­nu­te Bak­tyd 20-25 mi­nu­te

SA­MOE­SAS

15 ml (1 e) bot­ter 2 rooi-uie, in sky­we ge­sny 2 knof­fel­hui­sies, fyn ge­druk 500 g vark­maal­vleis 1 Gran­ny S­mith-ap­pel, geskil en ge­ras­per 2 wor­tels, ge­ras­per 15 ml (1 e) vars vin­kel, ge­kap sout en pe­per 250 g fi­lo­deeg 45 ml (3 e) bot­ter, ge­smelt 5 ml (1 t) pa­pa­wer­sa­de (op­si­o­neel)

DOOPSOUS

125 ml (½ k) ma­yon­nai­se ta­bas­co­sous na smaak

groen­slaai vir voor­sit (op­si­o­neel)

Voor­ver­hit die oond tot 200 °C. 1 Sa­moe­sas Ver­hit die bot­ter en braai die uie sta­dig tot goud­bruin en sag. Voeg die knof­fel en maal­vleis by en braai tot gaar. 2 Voeg die ap­pel, wor­tels en vin­kel by en roer­braai ef­fens. Geur met die sout en pe­per. Laat die meng­sel ef­fens af­koel. 3 Neem ’n vel fi­lo­deeg, verf die kan­te lig­gies met die bot­ter, vou in die helf­te en druk vas. Verf die ran­de van die deeg weer lig­gies met die bot­ter. Vou een van die on­der­ste pun­te van die deeg in en plak vas aan een van die sy­kan­te van die deeg so­dat ’n drie­hoek aan die on­der­kant vorm. Stop die o­pe­ning wat so vorm goed met van die vul­sel. Vou die vleis­pak­kie oor na die teen­oor­ge­stel­de kant. Her­haal tot bo en tot ’n drie­hoek ge­vorm word. Verf die he­le sa­moe­sa lig­gies met die bot­ter. Her­haal met die res van die deeg en vul­sel. 4 Pak die sa­moe­sas op ’n bak­plaat en sprin­kel die pa­pa­wer­sa­de oor in­dien ver­kies. Bak 15-20 mi­nu­te of tot goud­bruin. Laat af­koel. 5 Doopsous Meng die ma­yon­nai­se en die ta­bas­co­sous. 6 Pak die sa­moe­sas en doopsous in a­par­te hou­ers. Neem ook ’n groen­slaai saam in­dien ver­kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.