Vark­wors­boe­ries

Boe­ries word vin­nig ge­maak en is vul­lend. Vark­vleis en mos­terd is goeie pas­maats en werk ook hier lek­ker saam.

Huisgenoot Kosblik-idees - - Inhoud -

LE­WER

4 boe­ries

Be­rei­ding 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 15-20 mi­nu­te

VARKWORSIES

4 varkworsies

UIE

15 ml (1 e) bot­ter 15 ml (1 e) o­lyf­o­lie 3 groot uie, in rin­ge­tjies ge­sny sout en pas ge­maal­de pe­per

MOS­TERD-MAYO

125 ml (½ k) ro­me­ri­ge ma­yon­nai­se 15 ml (1 e) Di­jon-mos­terd 30 ml (2 e) heel­kor­rel­mos­terd

BROODJIES

4 brood­rol­le­tjies, ge­hal­veer 80 g bron­kors

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. 1 Varkworsies Pak die wor­sies op ’n bak­plaat en roos­ter 15­20 mi­nu­te tot gaar. 2 Uie Ver­hit die bot­ter en die o­lie en braai die uie sta­dig oor ma­ti­ge hit­te tot sag en goud­bruin. Geur met die sout en pe­per. 3 Mos­terd-mayo Meng die ma­yon­nai­se, Di­jon­mos­terd en heel­kor­rel­mos­terd. 4 Broodjies Smeer die mos­terd­mayo op die broodjies, ver­deel die bron­kors tus­sen die broodjies, pak die wor­sies op en ver­sprei die uie bo­oor. Ge­niet da­de­lik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.