Murg­pam­poen­fet­tu­ci­ne met bot­ter­skor­sie en spek

Huisgenoot lae-koolhidraat - - Inhoud -

Maak ’n "pas­ta"-ge­reg van murg­pam­poen­tjies.

200 g bot­ter­skor­sie, in mid­del­slag-blok­kies ge­sny 250 g spek­vleis, ge­kap 15 ml (1 e) o­lyf­o­lie 1-2 roos­ma­ryn­tak­kies, fyn ge­kap 6 murg­pam­poen­tjies, met ’n groen­te­skil­ler in lin­te en dan in re­pies ge­sny sap van ½ suur­le­moen suur­le­moen­skil na smaak 1 klein rooi brand­ris­sie, baie fyn ge­kap sout en pe­per na smaak

ge­roos­ter­de a­man­dels of den­ne­pit­te (op­si­o­neel) en ro­ket­bla­re vir voor­sit

Voor­ver­hit die oond tot 200 °C. 1 Rang­skik die bot­ter­skor­sie en spek in ’n vuur­vas­te bak en be­druip met ’n bie­tjie o­lyf­o­lie. Be­sprin­kel met die vars roos­ma­ryn. Roos­ter tot die bot­ter­skor­sie sag en die spek bros is. Roer die meng­sel ’n paar keer ter­wyl dit gaar word. 2 Stoom die murg­pam­poen­tjies 1 mi­nuut op hoog in ’n mi­kro­golf­bak of 2 mi­nu­te in ’n sto­mer tot sag. 3 Meng die suur­le­moen­sap en -skil met die spek en bot­ter­skor­sie. Voeg die ris­sie en murg­pam­poen­re­pies by en meng goed. 4 Sprin­kel die a­man­dels of den­ne­pit­te oor in­dien ver­kies en rond af met die ro­ket.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.