Ge­rook­te fo­rel­rol­le­tjies

Huisgenoot lae-koolhidraat - - Inhoud -

Am­per soos pan­ne­koek! Ta­pi­o­ka word van ’n wor­tel ge­maak en be­vat sty­sel, maar ons ge­bruik baie min daar­van.

BE­SLAG

80 ml (¹⁄₃ k) wa­ter 2 ei­ers 30 ml (2 e) o­lyf­o­lie 80 ml (¹⁄₃ k) klap­per­meel 5 ml (1 t) ta­pi­o­ka­meel 15 ml (1 e) vlas­saad 1 ml (¼ t) bak­poei­er kny­pie sout

VUL­SEL

150 g ge­rook­te fo­rel 1 soet­ris­sie, in lang re­pies ge­sny 1 wor­tel, in re­pies ge­sny 250 ml (1 k) ro­ket­bla­re

1 Be­slag K­lits die wa­ter, ei­ers en o­lyf­o­lie saam. 2 Meng die klap­per­en ta­pi­o­ka­meel, vlas­saad, bak­poei­er en sout saam. 3 Smeer ’n pan­ne­koek­pan met o­lie en ver­hit tot warm. 4 Skep ’n der­de van die be­slag in die pan en draai die pan so­dat die be­slag oor die boom ver­sprei. Bak tot bor­rel­tjies bo­op vorm. Draai ver­sig­tig om en bak so­wat 2 mi­nu­te aan die an­der kant tot gaar. Herhaal met die res van die be­slag. 5 Vul­sel Rang­skik al die vul­sel­be­stand­de­le op die pan­ne­koe­ke en vou toe.

Maak jou eie klap­per­meel deur droë klap­per in die voed­sel­ver­wer­ker fyn te maal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.