Vars hoen­der­slaai met bros neu­te

Huisgenoot lae-koolhidraat - - Inhoud -

Ver­vang die heu­ning met xi­li­tol as jy die kool­hi­dra­te ver­der wil ver­min­der.

SLAAISOUS

250 ml (1 k) le­moen­sap skil en sap van 1 suur­le­moen 45 ml (3 e) heu­ning of xi­li­tol 30 ml (2 e) se­sam­sa­de, ge­roos­ter 15 ml (1 e) se­sam­o­lie 15 ml (1 e) so­ja­sous kny­pie brand­ris­sie­vlok­kies 45 ml (3 e) ka­no­la-o­lie

NEU­TE

150 g ge­meng­de neu­te en sa­de 10 g bot­ter 30 ml (2 e) sui­ker (op­si­o­neel) 2 ml (½ t) sout 2 ml (½ t) brand­ris­sie­vlok­kies

HOEN­DER

2 hoen­der­bors­fi­let­te, ge­hal­veer sout en pe­per ka­no­la-o­lie se­sam­o­lie

SLAAI

1 mid­del­slag-blom­kool, in blom­me­tjies

ge­breek 1 rooi-ui, in rin­ge ge­sny 1 klein pa­pa­ja, in blok­kies of re­pies ge­sny 100 g groen­o­ly­we, ont­pit 4-6 pi­kant­ris­sies, in re­pies ge­sny ’n groot hand vol kol­jan­der- en ment­bla­re,

grof ge­kap 1 cos-blaar­slaai, ge­hal­veer of in bla­re ge

breek 1 rol bok­kaas, in rin­ge ge­sny (op­si­o­neel)

1 Slaaisous Plaas al die be­stand­de­le in ’n ka­strol en kook 5 mi­nu­te. 2 Neu­te Roos­ter die neu­te en sa­de in ’n ver­hit­te pan tot bruin. Voeg die bot­ter, sui­ker (in­dien ge­bruik), sout en brand­ris­sie­vlok­kies by en roer vin­nig tot be­dek. Hou een­kant. 3 Hoen­der Geur die hoen­der met die sout en pe­per en braai in ’n bie­tjie ver­hit­te ka­no­la-o­lie tot goud­bruin en net gaar. Geur met ’n paar drup­pels se­sam­o­lie. Skeur met twee vur­ke in ra­fels. Giet ’n bie­tjie slaaisous oor. 4 Slaai Giet kook­wa­ter oor die blom­kool en d­rei­neer da­de­lik. Giet van die slaaisous oor. Pak al die be­stand­de­le uit op ’n groot plank saam met die neu­te en sous. 5 Skep so op: Neem ’n slaai­blaar, pak van die slaai­be­stand­de­le bin­ne-in, giet ’n bie­tjie slaaisous oor en sprin­kel die neu­te oor. Vou toe en ge­niet as ’n hap­pie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.